park logo

Reg 068-973-NPO

012 341 4816

admin@harmoniepark.co.za

facebookyoutube

Harmonie Oord bestaan sedert 2006 en is gemik op selfversorgende ouer personme met 'n SASSA pensioen of soortgelyke inkomste. Fooie deur inwoners betaal dek hoofsaaklik die bedryfsuitgawes. Etes word hoofsaak gegee uit donasies ontvang.

Daar is 156 enkel kamers en 32 dubbel kamers en verskaf verblyf aan ongeveer 193 selfversorgende inwoners. Die kamers is toegerus met ‘n ingeboude kas, ‘n wasbak, asook kragpunte. Daar is meerdere gemeenskaplike badkamers op elke vloer. Elke vloer beskik oor ‘n gemeenskaplike kombuis waar inwoners vir hulself ‘n ligte aandete kan maak en self hul skottelgoed kan was. Die vertrek word gewoonlik sommer ‘n lekker kuierplek vir die inwoners.

Inwoners moet self hul kamers skoonmaak. Ontbyt en middagetes, dienssentrum, aktiwiteite en sekuriteit word hier teen ‘n bekostigbare tarief vanaf R1 550 per maand aan die inwoners met ‘n beperkte inkomste verskaf.

Harmonie het ook ‘n gemeenskaplike waskamer waar inwoners self hul wasgoed doen, ‘n speletjies vertrek, biblioteek en eetsaal. Danksy die ondersteuning van die Lotto beskik Harmonie Oord oor ‘n bussie om inwoners na die Tshwane Kliniek op vasgestelde dae te neem en ook op uitstappies.

park logo

park logo

park logo

 

lotto