park logo

Reg 068-973-NPO

012 341 4816

admin@harmoniepark.co.za

facebookyoutube

U het jare lank hard gewerk en gespaar vir ’n gerieflike oudag. U wil nog op u eie woon en selfversorgend wees, maar die gemoedsrus hê dat na u omgesien sal word, indien swak gesondheid intree.

Kom dan na die hartjie van Sunnyside. Daar, langs die bekende Harmonie NG-kerk, staan Harmoniehof. Harmoniehof is gerieflik naby groot inkopiesentrums soos Brooklyn en Sunnypark. Harmoniehof is ook naby groot hospitale. Inwoners geniet gereelde aktiwiteite.

Harmoniehof beskik oor die volgende fasiliteite:

  • Selfsorgeenhede en semi-sorgeenhede met privaat badkamers.
  • ’n Volle versorgingseenheid met interkomverbinding.
  • Agt enkelkamer woonstelle.
  • Vier eetsale. Selfsorginwoners ontvang twee etes en ’n kospakkie vir aandete.
  • Die semi en volle versorgingseenhede ontvang drie etes per dag.
  • ’n Ruim sitkamer vir saamkuier.
  • ’n Bussie om inwoners na geskeduleerde aktiwiteite te vervoer.

Harmoniehof se inwoners geniet die volgende dienste

  • Mediese advies
  • ’n Haarkapper
  • ’n Wassery en skoonmaakdienste
  • ’n Biblioteek
  • Ontspanningsaal
  • Die NG-Kerk is op die perseel
  • Geestelike versorging

Maandelikse tariewe vanaf

Beperkte deel Semi-sorg R 4 795
Self-sorg R 7 235
Semi-sorg R 8 645
Vol-sorg R 8 150 pp *

*Deeltarief

park logo

park logo

park logo

 

lotto