park logo

Reg 068-973-NPO

012 440 3137 | adminho@harmoniepark.co.za

facebookyoutube

Harmonie Oord bestaan sedert 2006 en huisves selfversorgende ouer persone met 'n SASSA pensioen of soortgelyke inkomste.


Harmonie Oord
verskaf verblyf aan ongeveer 193 selfversorgende inwoners.

Akkomodasie:

- 156 enkelkamers.

- 32 dubbelkamers.

- Elke kamer is toegerus met ‘n ingeboude kas, wasbak en kragpunte.

- Inwoners maak self hul kamers skoon.

- Gemeenskaplike badkamers op elke vloer.

 

Maaltye:

- Ontbyt en middagete word verskaf - hoofsaaklik uit donasies.

- Elke vloer beskik oor ‘n gemeenskaplike kombuis waar inwoners vir hulself ‘n ligte aandete kan maak en self hul skottelgoed kan was. Die vertrek word gewoonlik sommer ‘n lekker kuierplek vir die inwoners.

 

Fasiliteite:

- Dienssentrum, aktiwiteite en sekuriteitsdienste.

- Gemeenskaplike waskamer waar inwoners self hul wasgoed doen.

- Speletjies-vertrek.

- Danksy die ondersteuning van die Lotto beskik Harmonie Oord oor ‘n mikrobus waarmee inwoners na die Tshwane Kliniek geneem word op vasgestelde dae, asook op uitstappies.

 

Maandelikse tariewe:

Enkelkamer:  R1 960 per maand.

Groot kamer, geskik vir egpaar:  R3 220 per maand vir 'n enkel persoon en R3 360 per maand vir 'n egpaar.

 

park logo

park logo

 

lotto