Welkom by ons tuiste
’n Tuiste waar sorg, rustigheid en menswaardigheid saam woon
By Harmonie Oord glo ons dat elke persoon die reg het om hul oudag in vrede en veiligheid deur te bring. Ons skep nie bloot ’n plek om te bly nie – maar eerder ’n ruimte waar elke inwoner met deernis ontvang word, en waar daar met respek na elke mens omgesien word.
Ons is ’n huis vir selfversorgende ouer persone wat afhanklik is van ’n SASSA-pensioen of ’n soortgelyke inkomste. Ons voorsien nie luukshede nie – maar wat ons wel bied, is ’n warm atmosfeer, geborgenheid en ‘n plek van lekker lag. Hier tel nie die grootte van jou kamer nie, maar die plek wat jy in ons harte kry.
’n Leefplek met waarde
HARMONIE is nie net ons naam nie – dit is die hartklop van ons diens:
Wat ons bied
Sosiale aktiwiteite, wat vreugde en samesyn bevorder
Rustige tuin, wandelpaadjies en buitelug-omgewing
Klein, netjiese kamers, maklik onderhoubaar en gemaklik
Beperkte groter kamers op versoek en beskikbaarheid
Twee gebalanseerde maaltye per dag met donasies ontvang
Wat ons bied
“My ouma het ’n rustige hawe in Harmonie Park gevind. Hier word sy met soveel liefde behandel – dit gee my as kleinkind vrede.”
Marlene – kleindogter van inwoner